<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?><song><title>LB 486</title>
<lyrics>[V1]
 Bring aan die volke die boodskap
 van hoop en bevryding!
 So sê die Here,
 verkondig al verder die tyding:
 &quot;Daar is my kneg!
 Hy bring aan nasies die reg -
 volg Hom getrou in sy leiding.&quot;

[V2]
 Hy, die geliefde,
 die enigste daartoe verkore,
 ly vir ons sonde en red ons,
 in sonde verlore.
 Die Kind word Kneg!
 Hy neem ons sondeskuld weg
 ons word in Hom weergebore.

[V3]
 Hy wat verstaan, sal die riet
 wat geknak is, nie breek nie.
 Hy laat die swakke, verdrukte nie
 vrugteloos smeek nie.
 Die Kneg is Heer!
 Duisende wag op sy leer -
 laat ons hul nood nie vergeet nie.

[V4]
 As Hy ons roep tot sy diens -
 hoe sal ons dit mag weier?
 Hy is almagtig, genadig,
 die troue bevryder.
 Christus gee krag,
 klee ons met koningsgesag -
 Hy is ons Koning en Leier.</lyrics>
<aka>Bring aan die volke</aka>
</song>